Gifberg Spook

Gifberg Spook

R500.00

Product Description

Vriende, ek word 30 en het besluit om dit behoorlik te vier in die formaat van ‘n klein fees by een van my gunsteling plekke in op hierdie planeet, Gifberg.

Die kaartjies kos R500 en dit beteken natuurlik dat jy nie vir my ‘n geskenk hoef te koop nie maar eerder hierdie kan sien as jou geskenk aan my en om dankie te se gee ek vir jou die volgende:

‘n Plek om te kamp. Vrydagaand ‘n ete wat gemaak word deur Chef Tiaan asook live musiek en ‘n les oor die sterre.

Saterdag is die groot dag waar ons die poele toe gaan stap, musiek luister en 5h is Schalck Bezuidenhoudt op die verhoog met ‘n comedy show.

Hierna stap ons terug na die partytjie area toe waar die verhoog gereed sal staan met onder andere:

Spoegwolf
Doen Meiring
The Young Folks
TWEE
Elandre Schwartz
Gian Groen
My Vallei
Mari Bosman
Jim Harrison
Wouter vd Venter en meer

Daar sal ‘n kroeg wees, kos stalletjies en oor die algemeen ‘n feestelik atmosfeer waar jy net kan kom ontspan saam met lekker mense.

Finale program en verloop van die naweek sal in Februarie bekendgestel word!
Vir verdere inligting, kontak my gerus by gifbergspook@gmail.com

Groete
Herman Kleinhans

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Gifberg Spook”